Die artikel skep die indruk dat die Okkulte moet lei tot geweld. Of dat die Okkulte meer neig tot geweldige misdade as ander godsdienstige sisteme. Dit is bloot valse inligting.
Die prokureur Andre Kirsten, in die artikel, wys tereg uit dat in die hof daar nie onderskeid gemaak word tussen ‘n “okkulte” of gewone misdaad nie – en dit is reg en hoe dit hoort.